Afrikaanse Groep Toere

Welkom by Padvat Toere

 

Ons by Padvat Toere spesialiseer in Afrikaanse Groeps Toere

 

Vertrekspunte is vanaf Pretoria, Johannesburg, Durban of Kaapstad.

Alle Toere word begelei deur n Padvat Toergids wat maklik uitgeken kan word. 

Spesiale geleenthede is welkom. 

As ons toer datums nie pas nie, maak gerus n groep, kies jou eie datums en waarnatoe die Toer moet gaan en ons ontwerp dit vir jou.

Ons bied spesiale pakkette aan vir verlowings, troues, verjaarsdae, herdenkings.

Toere kan afbetaal word.

Enige vrae kan vooraf gevra word, ons stuur graag die Toerprogram.

Kontak Padvat Toere op Whatsapp +27 71 915 4418 of doen besprekings direk op hierdie webblad (blokkie op die Toer)

Aanlynwinkel Ons Toere
Dis lekker by die see
Vat die pad saam met ons Kaap toe
Die Toere na Kaapstad en Omgewing is gewoonlik die gewildste op ons lys. Vertrek punt is van Pretoria af. Ons oornag langs die pad in een van die mooiste Gastehuise en dan weer oppad terug.

Die Wynlande om Stellenbosch en die Namakwaland blomme Toer is ook altyd baie vinnig vol bespreek. Kry jou plekkie vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Die ander Toere Kaap toe gaan na George, Knysna en Mosselbaai. Ons vertrek weer van Pretoria af en ry twee dae. Ons oornag in n wonderlike Gastehuis langs die pad en besoek padstalletjies soos ons ry.
Ontmoet die Olifante
Voer en raak aan die Olifante vroeg oggend met son opkoms
" Wat n belewenis om aan wilde Olifante te kan raak ! " was die terugvoering van mense wat onlangs saam op die Hoedspruit Toer was. Ons vertrek punt is van Pretoria af, waarna toe ons terug keer aan die einde van die Toer.

Die Trop wat op Kapama Natuur Reservaat staan, is opgeneem na hulle uit n buurland saam met hulle eienaar gevlug het.

Ons besoek begin altyd dou voor dag van die Lodge af om daar te wees met sons opkoms. Biskuit en koffie staan reg vir almal wat daar aankom en die gidse vertel elkeen se storie, terwyl die Olifante nader kom teen die agtergrond van n rooi oranje vuur bal wat in die hemel hang..
Ons Bestemmings
Plaaslike Toere
Durban - Noord kus KZN
George, Knysna & Mosselbaai
Hoedspruit & Olifant Reservaat
Kaapstad & Omgewing
Kaapstad en Weskus
Kruger Nasionale Wildtuin
Magoebaskloof en Eiland Spa
Mpumalanga Panorama roete
Namakwaland
Stellenbosch - Wynlande
Afrika Toere
Botswana
Egipte
Marokko
Mosambiek
Namibie
Zambie (Vic Falls)
Zanzibar
Internasionale Toere
Brasilie, Uruguay
Frankryk, Italie
Griekeland
Kroasie
Maldives, Seychelle
Mauritius
Mexiko
Nederland
Oostenryk / Duitsland
Portugal, Spanje
Thailand
Turkye
Vietnam
Wil u graag meer weet oor Padvat Toere se dienste ?
Afbetalingsplan beskikbaar
Deposito van R 1000 verseker jou plek op die toer
Kontak Ons